Local news
Brandveiligheidswenke vir die feesseisoen
As Suid-Afrikaners hou ons almal van braai, dus moet ons seker maak dat oop vure voor en na die tyd onder toesig is en dat dit wel goed na die tyd geblus is.
Die brandseisoen in die Noordwes het tot ‘n einde gekom, maar dit beteken nie dat inwoners van Potchefstroom op hul louere kan rus wanneer dit by brandveiligheid gedurende die feesseisoen kom nie. Brandveiligheid strek nie net tot by veldbrande nie.
Hier gee Wynand Pretorius, operasionele direkteur van MDS Fire, wenke oor hoe jy brandgevare by jou huis tydens die feesseisoen kan hokslaan.
- Moenie krag proppe oorlaai nie: Moenie te veel elektriese toerusting op ‘n krag-verlenger of kragpunt koppel nie. Maak seker als is in ‘n werkende toestand.
- Maak seker dat onnodige elektriese toerusting afgeskakel en uitgeprop is.
- Wees versigtig met kersversierings: Maak seker dat alle drade veilig en nie ‘n brandgevaar is nie. Moenie dat kersversierings se kragpunttoevoer oorlaai is nie.
- Oopvlamme: As Suid-Afrikaners hou ons almal van braai, dus moet ons seker maak dat oop vure voor en na die tyd onder toesig is en dat dit wel goed na die tyd geblus is. Warm as moenie in enige plastiese dromme gegooi word nie.
- Gastoestelle: Maak seker dat wanneer jy nie by die huis is nie, die gastoevoer vir jou stoof of geyser toegedraai is.
- Hou vuurhoutjies en aanstekers buite bereik van kinders.
- Brandbestrydings toerusting: Maak seker brandblussers is in ‘n werkende toestand en is reeds gediens. Om ‘n vuur vinnig te kan blus, kan baie skade voorkom. As jy ‘n voertuig het is dit goed om ‘n brandblussers binne in die kattebak te hê. Mens weet nooit wanneer jy dit langs die pad gaan nodig hê nie.
- Vlambare vloeistowwe: Maak seker dat alle vlambare vloeistowwe toe gesluit en buite bereik van kinders is. Stoor dit in ‘n goed geventileerde kas.
- Vuurwerke: Wees veilig indien jy vuurwerke sou afvuur hierdie feesseisoen. Vuurwerke hou ‘n groot gevaar vir brande en besering in.
- Ken jou plaaslike nooddienste se nommers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



