Local news

Boodskap van vergifnis aan jong lesers

Die boek dra ’n pragtige, Christelike-inspirerende les oor vergifnis.

Adri Scholtz het op 24 November haar debuutboek, Vetvlooi en Vabond, met groot opgewondenheid aan die grondslagfaseleerlinge van Bailliepark Laerskool voorgelees. Die kinders het aan haar lippe gehang, en die oggend was gevul met pret, lag en leersame verrassings.

‘n Paar dae later het Adri verder die jong maatjies van Woel en Werskaf Kleuterskool besoek. Die kleuters het met groot oë en opregte verwondering na die storie geluister, wat van begin tot einde hul verbeelding aangegryp het.

Vetvlooi en Vabond dra ’n pragtige, Christelike-inspirerende les oor vergifnis – ’n tema wat diep by jong én ouer lesers aanklank vind. Met bestellings wat reeds instroom, is dit duidelik dat Adri se eerste boek ’n reuse sukses is, en beide voorlesingsgeleenthede het dit net verder bevestig.

Dit is ’n wonderlike kans vir ouers om vir hul kind ’n getekende eerstedruk eksemplaar by hul boekrak te voeg. Bestellings kan direk by die skrywer geplaas word via WhatsApp by 076 706 7599, waarna boeke by Bailliepark op ’n afgespreekte tyd opgelaai kan word.

Bestellings sal ook binnekort direk op Naledi Uitgewers se webtuiste beskikbaar wees.

Adri spreek graag haar dank uit aan Louise Viljoen en Karin Cronje van Naledi Uitgewers vir hul hulp en ondersteuning. Sy noem ook dat Louise se nuutste boek, Toevlug, ’n absolute moet is vir enige Desember-leeslysie.

Baillies luister aandagtig..
Adri saam met die kleuters van Woel en Werskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button