Local news

Spesiale Vat Verniet-tafel vir kinders

Die dag sal gefokus wees op behoeftige kinders.

‘n Spesiale Vat Verniet-tafel vir kinders sal op 20 Desember om 12:00 by Mooirivier Beskerming vir behoeftige kinders en hulle ouers gehou word.

Die dag sal afskop met ‘n Kersdiens. Ouers sal ‘n kospakkie vir die gesin ontvang. Die dag is wel gefokus op behoeftige kinders.

Kinders sal die geleentheid kry om ‘n kersgeskenk, klere, skryfbehoeftes en lekkernye te kry. Daar sal ook vermaak soos springkastele, speletjies en vele meer vir kinders op die dag beskikbaar wees.

Donasies vir ouers en kinders word egter steeds benodig. Enige donasies kan 24/7 by Mooirivier Beskerming se kantore afgelaai word. Vir verdere navraag kan Angelique by 067 080 2757 gekontak word.

Benodighede vir kinders:

  • Speelgoed
  • Koekies, lekkers, skyfies
  • Kersversieringe
  • Skryfbehoeftes
  • Kinderklere

Benodighede vir kospakkies:

  • Meel
  • Suiker
  • Tee
  • Olie
  • Aanmaakkoel-drank
  • Soya mince
  • Soppoeier
  • Toiletpapier
  • Seep

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button