Local news
Uil in Baillie Park opgemerk
Uile word deur baie as simbole vir voorspoed, beskerming of intuïsie gesien.
‘n Uil is laatmiddag op 7 Desember in Bailliepark opgemerk. ‘n Seldsame aansig, dit nog deur die dag ook.
Meeste uile is slegs in die nag aktief en is dit vreemd om hulle deur die dag op te merk aangesien hulle die donker benut om stilletjies te jag.
Baie kulture soos in Japan, Guatemala en sommige Inheemse Amerikaanse tradisies, glo dat wanneer jy ‘n uil sien, dit vir jou goeie geluk, wysheid of transformasie sal bring. Uile word deur baie as simbole vir voorspoed, beskerming of intuïsie gesien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



