140 vas vir dronkbestuur oor feestyd
Altesaam 143 mense is in die Noordwes vir die bestuur onder die invloed van drank in hegtenis geneem.
Ongeveer 140 mense is in Noordwes oor die feesseisoen glo vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met plaaslike verkeersowerhede, sowel as private sekuriteitsmaatskappye, het hierdie feestyd voortgegaan om pligte uit te voer en seker te maak dat dronkbestuur in die wiele gery word.
Kolonel Adéle Myburgh, Noordwes polisiewoordvoerder, sê hierdie pogings het beduidende resultate opgelewer in die bekamping van dronkbestuur.
“Die padblokkades is vanaf Maandag, 29 Desember 2025 tot in die Nuwe Jaar op Sondag, 4 Januarie 2026 uitgevoer. Altesaam 143 mense is vir dronkbestuur in die Noordwes in hegtenis geneem.”
Myburgh gaan voort om te sê die polisie maan motoriste om die padreëls te gehoorsaam.
“Veral diegene wat na die vakansie huis toe reis, om te alle tye verantwoordelik op te tree, aangesien bedrywighede na die feestyd sal voortduur om ‘n veiliger gemeenskap te verseker.”



