Local news

140 vas vir dronkbestuur oor feestyd

Altesaam 143 mense is in die Noordwes vir die bestuur onder die invloed van drank in hegtenis geneem.

Ongeveer 140 mense is in Noordwes oor die feesseisoen glo vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met plaaslike verkeersowerhede, sowel as private sekuriteitsmaatskappye, het hierdie feestyd voortgegaan om pligte uit te voer en seker te maak dat dronkbestuur in die wiele gery word.

Kolonel Adéle Myburgh, Noordwes polisiewoordvoerder, sê hierdie pogings het beduidende resultate opgelewer in die bekamping van dronkbestuur.

“Die padblokkades is vanaf Maandag, 29 Desember 2025 tot in die Nuwe Jaar op Sondag, 4 Januarie 2026 uitgevoer. Altesaam 143 mense is vir dronkbestuur in die Noordwes in hegtenis geneem.”

Myburgh gaan voort om te sê die polisie maan motoriste om die padreëls te gehoorsaam.

“Veral diegene wat na die vakansie huis toe reis, om te alle tye verantwoordelik op te tree, aangesien bedrywighede na die feestyd sal voortduur om ‘n veiliger gemeenskap te verseker.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button