Local news

Weerlig tref bome by huis en Girls High tydens storm

Die brandweer het die brande onder beheer gebring.

‘n Huis in OR Tambostraat het laat vanmiddag aan die brand geslaan nadat die weerlig glo ‘n boom buite die huis raakgeslaan het. Terselfdetyd het weerlig ook ‘n groep bome by Potch Girls High raakgeslaan, met die bome wat vlamgevat het.

Bome by Girls High tydens die brand. Foto: Facebook.
DIe bome nadat die brand geblus is. Foto: Facebook.

Volgens owerhede op die toneel was weerlig glo die oorsaak vir die brand tydens vanmiddag se storm in Potchefstroom.

Die weerlig het ‘n boom buite ‘n huis in OR Tambostraat raakgeslaan en sodoende het gedeeltes van die huis ook vlam gevat.

Die brandweer sowel as weldoenders in die gemeenskap het hand bygesit om die brand onder beheer te kry.

Die brandweer besig om die brand te blus by ‘n huis in OR Tambostraat. Foto: Wouter Pienaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button