Local newsNewsNews

Ses stelle tweelinge bring glimlagte na Woelies

Al 12 van hierdie Woelies is gereed om 2026 hul beste jaar nog te maak.

Woel en Werskaf Kleuterskool spog vanjaar met ’n allemintige ses stelle tweelinge. Hierdie ongewone verskynsel bring nog meer boetie en sussie-vreugde na hierdie gewilde kleuterskool.

Al 12 van hierdie Woelies is gereed om 2026 hul beste jaar nog te maak.

Rhiano en Miharlie Schoenfeld, sowel as Isabella en Michaela Redelingshuys, is in Graad R.
Connor en Carter Verwey en Bernard en Amara Henning is in Graad RR, terwyl Zach en Jozelri Vosser en Liben en Niné Viljoen in Graad RRR is.

Hierdie tweelinge bring nie net dubbele glimlagte nie, maar ook ekstra energie, lag en lewenslus na Woelies.
Dit is vir die personeel ’n besondere voorreg om elke kind as ’n unieke individu te leer ken en te help groei in ’n liefdevolle en stimulerende omgewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button