AdvertorialLocal newsSponsored

Wandel terug in tyd by Potchefstroom se gewilde Antiekmark

Die jaarlikse Antiekmark word op Saterdag 5 September aangebied en beloof om weer ’n heerlike Antieke & Vintage-ervaring vir oud en jonk te wees.

Is jy lief vir mooi ou goed, stories uit die verlede en die nostalgie van ’n vervloë era? Dan is Potchefstroom se gewilde jaarlikse Antiekmark ’n geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie!

Die jaarlikse Antiekmark word op Saterdag 5 September aangebied en beloof om weer ’n heerlike Antieke & Vintage-ervaring vir oud en jonk te wees.

Die mark vind van 08:00 tot 15:00 plaas by die Van Rooyen Saal-kompleks in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom, waar besoekers vir ’n dag lank kan wegkom van die gejaag van die moderne lewe en terugstap in tyd.

Soos oudergewoonte sal daar ’n groot verskeidenheid antiekware en vintage-items van heinde en verre te koop wees. Of jy nou op soek is na daardie spesiale versamelstuk, iets uniek vir jou huis, ’n nostalgiese geskenk of bloot daarvan hou om tussen mooi ou goed rond te snuffel, is daar beslis iets om jou oog te vang.

En natuurlik is ’n goeie markdag nie volledig sonder lekker kos nie!

Besoekers kan hulself aan ’n verskeidenheid smullekker eetgoed vergryp terwyl die reuk van varsgebroude koffie deur die mark trek. En wat kan nou beter wees as ’n heerlike koppie koffie saam met ’n sny ontwerperskoek of dalk ’n outydse, varsgebakte pannekoek?

Die Antiekmark is nie net ’n plek om inkopies te doen nie, maar ook ’n geleentheid om saam met familie en vriende ’n lekker dag uit te geniet.

Neem jou tyd, kuier, snuffel tussen die stalletjies en dalk loop jy weg met jou eie stukkie van die verlede, iets wat nie net mooi is nie, maar ook ’n storie van sy eie vertel.

Met gratis toegang is daar werklik geen rede om hierdie nostalgiese dag op jou kalender mis te loop nie.

Maak dus ’n draai by die Van Rooyen Saal-kompleks en kom wandel terug in tyd by Potchefstroom se jaarlikse Antiekmark.

Datum: Saterdag 5 September

Tyd: 08:00–15:00

Plek: Van Rooyen Saal-kompleks, Piet Bosmanstraat, Potchefstroom

Toegang: Gratis

Vir meer inligting, kontak Tania by 079 918 2092.

Kom snuffel, kom kuier, kom eet en ontdek dalk daardie een spesiale stukkie van die verlede wat net vir jou wag!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button