Word NWU regtig Pukke-loos?
Na verlede Dinsdag se massavergadering waarin die visekanselier van die NWU, prof. Dan Kgwadi met die studente gesels het, is almal in rep en roer oor die naam Pukke wat gaan wegval.

Na verlede Dinsdag se massavergadering waarin die visekanselier van die NWU, prof. Dan Kgwadi met die studente gesels het, is almal in rep en roer oor die naam Pukke wat gaan wegval.
Die Herald het ’n paar studente op die Potchefstroomkampus gevra hoe hulle daaroor voel. Die algemene gevoel was dat die naam Pukke vir hulle ‘n identiteit gee. Dit verteenwoordig wie en wat die NWU op hierdie kampus is. Met soveel emosies en gesigsuitdrukkings tydens die onderhoud, kon ‘n mens sien dat die naam Pukke nie net ‘n naam is nie, maar wel ‘n trotse handelsnaam wat studente na aan die hart lê. Een van die studente, Ashley Groenewald, het gevra waarom iets moet verander wat vir jare daar was.
“Die naam Pukke moet bly. Ons sal altyd as die Pukke geken word,” sê sy. Paul Maritz van die Studenteraad op die Potchefstroomkampus is nie oortuig dat mense na die Pukke toe kom vir die NWU handelsnaam nie. “Ouens soos ek, wat ‘n uur en ‘n half verby UJ en Tukkies ry, kom na die Pukke omdat daar ‘n vaste kultuur is. Ek stem saam dat die kultuur beslis verander het oor die jare, en ek dink dat dit op pad is in die regte rigting, maar om dit nou te verander dink ek dit gaan ons finansieel ruïneer.”
Maritz meen ongeveer 85 persent van die studente kom van ander provinsies af. “Ons moet onsself vra hoekom dit so is. Kom ons neem Harvard as ’n voorbeeld. Dit is nie ‘n groot stad nie, maar die kwaliteit en naam is wat mense daarheen lok. Dit is een aspek wat ek vir prof. Kgwadi gevra het; of hy nie bang is dat hierdie nismark dalk verlore sal gaan nie.”
Estelle de Man is glad nie ingenome dat die naam “Pukke” gaan verdwyn nie. “Dit is onnodig om die naam te verander. Ons is reeds as die Pukke gevestig,” meen sy. Nog ‘n student, Remarco, stel voor dat die naam eerder ook deur die ander kampusse gebruik word, naamlik Mahikeng-Pukke en Vaal-Pukke. “Op dié manier gaan ons soos ‘n eenheid voel. Ons is nie hier vir die naam nie, ons is hier vir die graad,” voel Lincoln oor die naam Pukke.
Beteken die wegval van die naam ook byvoorbeeld dat Pukki, die NWU Pukke se geliefde mascot, ook ‘n nuwe naam sal moet kry, wonder baie studente. Sien nog studente se kommentaar hiernaas.
* Die Studenteraad van die Potchefstroomkampus is tans besig met ‘n meningsopname waarin studente hul menings kan gee.

Pukke moet bly. Elke kampus moet sy eie identiteit behou en met dit kom iets soos ‘n bynaam. ‘n Bynaam is nie noodwendig nadelig vir ‘n kampus nie. Almal voel ook die naam moet bly. Finansieel en in terme van kampuskultuur het dit ‘n positiewe effek.

Foto’s: Isabel Moises


:I do not think the name should be removed. The three campuses are all unique in their own way; they all have different features. The Potchefstroom campus is unique, it was first a university on its own with a history on its own as well. The name Pukke is also recognised internationally. This university represents a culture with a rich history such as the Wapad, the Pukke hostels and the Debating society that have deep origins. All the 11 official languages should be represented fairly, so that we do not have a situation where English dominates all fields and in all industries. This is the only university where Afrikaans is the preferred language and I believe it should stay that way.

Dis ‘n slegte manier om transformasie aan te moedig deur die een ding waarvan die een party regtig hou, weg te neem.

Ek verstaan nie hoekom hulle die naam wil verander nie. Dit gaan niks verander nie.

Dit maak nie regtig saak nie, dis die kultuur waarvoor ons lief is en nie die naam nie. Kultuur is nie gekoppel aan ‘n naam nie. Aan die ander kant, waarmee gaan ons “Kyk hoe baie Pukke is ons hier,” vervang as die naam weg is.
Dit gaan nie help om kwaad te word nie, want dit maak nie regtig saak wat ons genoem word nie, die kultuur gaan steeds op kampus bly. Die grootste issue is dat mense nie die mag van die massa verstaan nie. Hulle kan alles verander, soos die name, struktuur ensovoorts, maar as studente saamstaan, gaan dit so wees.”
