NewsNews

Twee in pekel toe polisie hul met volstruisvleis betrap

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle ’n volstruis geslag het. Hulle is betrap toe hulle besig was om die vleis te verpak om dit weg te dra.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle ’n volstruis geslag het. Hulle is betrap toe hulle besig was om die vleis te verpak om dit weg te dra.

Die gat in die draad waar die verdagtes in gekom het
Die gat in die draad waar die verdagtes in gekom het

’n Reaksiegroep van CB Sekuriteit is Sondagaand omstreeks 19:00 na Bert’s Bricks ontbied.
Die reaksiegroep is deur ’n toesighouer na die volstruiskamp geneem waar hulle die verdagtes, wat vermoedelik onder die invloed was, aangetref het wat besig was om die vleis weg te dra.
Een van die verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl die tweede in die rigting van die N12 gevlug het. Hy is later naby die N12 in hegtenis geneem. CB Sekuriteit het die verdagtes aan die polisie oorhandig.
Die verdagte wat weggehardloop het is in die jaagtog beseer en hy is per ambulans hospitaal toe geneem vir behandeling. ’n Saak van veediefstal word deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button