Editor's note

Kultuur van wetteloosheid

Die kultuur van wetteloosheid wat in die land heers is ’n monster wat alles voor dit gaan verslind.

Die kultuur van wetteloosheid wat in die land heers is ’n monster wat alles voor dit gaan verslind. Die kultuur binne ’n maatskappy word deur sy leiers bepaal. Dis nie anders in ’n land nie. Hulle moet die voorbeeld stel en optree as die kultuur destruktief raak. Die gebrek aan duidelike uitsprake teen destruktiewe optredes by betogings en optogte en ’n gebrek aan ferm optrede waar voorwaardes vir optogte verbreek word, is maar een voorbeeld waar owerhede versigtig moet wees om nie die persepsie te skep dat optogte en betogings ’n lisensie is om te doen wat jy wil nie. Vryheid sonder reëls is nie vryheid nie, want dan perk jy ander se vryheid in. Die joernalis van die Herald wat die media-dekking van die optog by die Puk verlede week gaan doen het, het sy werk gedoen. Hy moes onder meer foto’s van die optog neem, maar dit blyk dat hy nie meer welkom was toe die optog begin het om hand uit te ruk nie. Is dit omdat sy foto’s dan die kwaaddoeners sou identifiseer? Dan die dreigement dat hy doodgemaak sal word! Hou op om jou werk te doen meneer die joernalis, anders word jy doodgemaak! Hoe verskil dit van ’n polisieman wat onder dieselfde omstandighede met die dood gedreig word en waarvan talle inderdaad al met hul lewe geboet het? Hierdie soort kultuur sal ons demokrasie heeltemal vernietig, indien dit nie reeds op sekere vlakke gebeur het nie. Wat nog uit ’n kultuur van wetteloosheid kan voortvloei is dat mense geen vertroue meer het dat hulle binne die wet bedien en beskerm gaan word nie en dan wet in eie hande neem.
Dit is al in soveel woorde deur ’n briefskrywer in hierdie publikasie geopper.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button