NewsNews

Inwoners keelvol vir misdaad

“Dit is tyd dat mense hulself en hul eiendom begin beskerm. Ek is keelvol dat my goed gesteel word.”

“Dit is tyd dat mense hulself en hul eiendom begin beskerm. Ek is keelvol dat my goed gesteel word.”
So sê mnr. Vincent Stewart oor die vierde inbraak by sy huis in Jeugdstraat sedert 1 Julie.
Volgens Stewart lyk dit of dié gebied geteiken word. Hy sê daar is onlangs by sy buurman en ook die vrou oorkant die straat ingebreek.
Die jongste voorval was op 6 September omstreeks 21:45. Vincent se vrou, Carike, het hul honde en die bure s’n gehoor blaf.
Stewart se seun het gaan kyk en gesien daar is aan die agterdeur van die motorhuis gepeuter. Hy het sy pa geroep om te kom kyk.
“Ek is toe uit met die flits en het langs die motorhuis geloop toe ek ’n man sien wat tussen die bosse wegkruip,” vertel Stewart.
Stewart, ’n oud spes-maglid, het dadelik gereageer en voor die man kon vlug, het Stewart hom vas gehad. Die man het probeer wegkom en Stewart moes hom onder bedwang kry.
Intussen het Carike, wat ’n lid is van die Miederpark WhatsApp-groep, ’n boodskap gestuur dat iemand asseblief dringend die polisie na hul adres moes stuur. “Binne drie minute was drie reaksievoertuie van Mooirivier Beskerming by ons huis om te help,” sê sy.
Die man is toe aan die polisie oorhandig. Volgens Carike is dit dieselfde man wat op 27 Augustus by hulle motorhuis ingebreek het. Die polisie ondersoek beide sake teen dié verdagte. “Dit was ’n warboel van emosie die aand, eers was ek bang, toe kwaad oor die skade wat die man ons laat ly. Ons het al by die R10 000 se skade aan verlore goed,” sê Carike.Volgens haar help die WhatsApp-groep baie in sulke situasies. Vir meer inligting oor hoe om by dié groep aan te sluit, besoek die Potchefstroom GPF se Facebookblad.
In ’n ander voorval in Walter Sisulu-straat het drie kliënte ’n verdagte vasgetrek toe hy ’n sakeonderneming wou beroof.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die verdagte op 5 September omstreeks 15:20 by die onderneming ingeloop, waarna hy ’n vuurwapen op die kassier gerig en geld geëis het. Die 29-jarige vrou het om hulp geskree en drie kliënte van die onderneming het ingespring om te help.
Volgens Chaka het hulle die vermeende rower getakel en begin slaan om die vuurwapen by hom af te neem. Tydens die onderonsie het die verdagte twee van die mans met ’n mes gesteek. Die drie het egter die rower oorweldig. Netcare 911 was op die toneel om die gewonde mans se beserings te behandel. Een van die mans is onmiddellik na Medicross geneem met ’n steekwond in die rug. Die ander man is tot op die been in sy heup gesteek. Die verdagte is onder bewaking deur die provinsiale ambulansdienste hospitaal toe geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button