EntertainmentNewsNews

Vol energie met Van Coke Kartel

Van Coke Kartel het verlede week hulle ENERGIE toer gehad waar hulle onder meer Donderdagaand by Mystic Boer in Potchefstroom opgetree het.

Van Coke Kartel het verlede week hulle ENERGIE toer gehad waar hulle onder meer Donderdagaand by Mystic Boer in Potchefstroom opgetree het. Die toer is spesifiek om hulle nuwe ENERGIE cover, EP bekend te stel. Volgens Wynand Myburgh, baskitaar speler van VCK, gaan ENERGIE slegs oor pret.

Francois van Coke. Foto: Marianke Saayman.
Francois van Coke. Foto: Marianke Saayman.

Hierdie EP (Extended Play) bevat slegs vyf liedjies, almal covers van vorige liedjies. ENERGIE kan slegs van iTunes afgelaai word, of ‘n viniel plaat met die liedjies kan bestel word. Aangesien die lede van VCK in 2015 hul tyd op solo-projekte bestee het, kon hulle nog nie ‘n nuwe vol album vrystel nie. Wynand sê dat aanhangers ook nie hul asems moet ophou vir ‘n nuwe VCK album nie, aangesien daar nie een in 2016 vrygestel gaan word nie.
“Ons vat ‘n klein breuk,” sê Francois van Coke, sanger en kitaarspeler van VCK, “maar ons breek glad nie op nie, ons is net op die oomblik baie besig met ander dinge.” Hoe kies mens nét vyf liedjies? “Dis moeilik!” sê Francois, maar hulle moes saam-saam vyf liedjies kies wat vir hulle elkeen baie beteken. Die liedjies is:
ENERGIE deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Dylan Hunt beskryf hierdie as die bekendstelling van ‘n ou liedjie aan ‘n nuwe gehoor. Hierdie liedjie is baie persoonlik vir VCK omdat Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis die enigste musiek is waarna die lede van VCK geluister het as kinders, en ook die enigste musiek is waarmee hulle kon vergelyk.

Jedd Kossew en Francois van Coke op die verhoog. Foto: Marianke Saayman.
Jedd Kossew en Francois van Coke op die verhoog. Foto: Marianke Saayman.

HELP! Deur The Beatles. Volgens Jedd Kossew, kitaarspeler en sanger van VCK, is The Beatles sy gunsteling musiekgroep van alle tye. Francois en Jedd het hierdie liedjie ook al baie in hul solo akoestieke stel gespeel. Jedd sing ook met HELP! vir die eerste keer ‘n koor gedeelte in ‘n VCK liedjie.
I GOT YOU (I FEEL GOOD) deur James Brown is ‘n lekker liedjie wat baie mense ken. Wynand wou gehad het die groep moet iets prettigs sing waarmee die gehoor kan saamsing. GOT TO GIVE IT UP deur Thin Lizzy is een van Francois se gunsteling liedjies, en iets wat hy met mense wil deel.

Van Coke Kartel tree op by Mystic Boer Potcheftsroom. Foto: Marianke Saayman.
Van Coke Kartel tree op by Mystic Boer Potcheftsroom. Foto: Marianke Saayman.

Francois sê hy is mal oor elke deel van die liedjie en het veral ‘n liefde vir die oorspronklike weergawe.BORN TO DIE deur Lana Del Rey is volgens Wynand hulle poging tot ‘n pop-liedjie. VCK het hul eie weergawe van die liedjie uitgebring en noem dit nou “Spaghetti Western-sounding”.
ENERGIE is Van Coke Kartel om mense te laat weet dat hulle nog glad nie klaar is nie, maar dat hulle nou net ‘n ruskans vat tot hulle hul volgende album gaan uitbring.
Hulle gaan steeds optree en geraas maak by al die gunsteling kuierplekke in die land.
Francois van Coke is volgende maand weer in Potchefstroom waar hy die verhoog gaan deel met Karin Zoid by Aardklop. In die tussentyd kan jy hulle nuwe EP, ENERGIE van iTunes aflaai of hulle 12” viniel plaat bestel by www.permanentrecord.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button