NewsNews

Studente beskerm vir Totius

Besorgde studente van die NWU Potchefstroom kampus het van Maandag aand af 'n nagwaak gehou oor die beeld van Totius.

Besorgde studente van die NWU Potchefstroom kampus het van Maandag aand af ‘n nagwaak gehou oor die beeld van Totius.

“Ons  gaan elke aand tot donderdagaand van 18:00  hier kom sit. Baie mense praat net, ons moet ook iets doen om ons eie kultuur en taal te beskerm,” het Bennie Genis gesê.

Adriaan Duvenhage en Bennie Genis vroeg Maandag aand waar hulle 'n nagwaak gehou het oor die standbeeld van Totius
Adriaan Duvenhage en Bennie Genis vroeg Maandag aand waar hulle ‘n nagwaak gehou het oor die standbeeld van Totius

 

Volgens Genis is hy nie deel van enige groep of party nie, bloot net ‘n student wat sy eie grondwetlike regte wil beskerm.

“Ek hoop dit bou momentum, want dit is oop vir enige iemand om te steun,” sê hy. 

Volgens Genis het hy nie die sogenaamde kultuur van die Potchefstroom kampus as rassisties ervaar nie, hy vertel dat daar nog altyd ‘n omgee kultuur is wat op die kampus heers. Oor Reform PUK se eise dat tolkdienste moet afgeskaf word en dat klasse in Engels aangebied word stem hy nie nie saam nie.

“Ek hoor net hoe veel internasionale pryse ons tolkdienste wen met die werk wat hulle doen. Ek verstaan almal het ‘n reg op moedertaal onderrig, so dan het Afrikaanse studente mos ook ‘n reg op dit,” sê Genis.

Die Reform PUK groep, gelei deur Ignatius Mokhatle eis onder andere dat die standbeeld van Totius van die kampus verwyder word of in konteks geplaas word as ‘n voorstaander van apartheid denkwyses. Hulle wil ook hê dat die kampus teen volgende jaar in ‘n parralel medium kampus verander word.

Die Studenteraad van die Potchefstroom kampus het ‘n Facebook blad gestig, NWU-Pukke Breek die Stilte / Break the Silence, dit dien as ‘n platform vir studente stemme wat nie gehoor word nie.

Prof. Kgwadi gaan Dinsdag die Reform PUK toespreek oor die eise wat hulle verlede week gestel het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button