NewsNews

Opposisie het nou meer posisies in Raad

Die opposisiepartye in die Tlokwe Stadsraad het tans gesamentlik meer posisies (23) in die Raad as die ANC (22).

Die opposisiepartye in die Tlokwe Stadsraad het tans gesamentlik meer posisies (23) in die Raad as die ANC (22). Dit nadat die grondwethof beslis het dat sewe uit die nege tussenverkiesings wat in 2013 plaasgevind het, nie vry en regverdig was nie. Die saak het daartoe gelei dat die ANC sewe verkose wyksraadslede op die raad kwyt is, tot daar weer tussenverkiesings plaasvind. Die gesamentlike opposisie, voor die uitspraak, sal gevolglik ‘n meerderheid van een raadslid geniet in die raad tot die volgende tussenverkiesings. Die tussenverkiesing sal binne 90 dae gehou moet word, dus in Februarie aanstaande jaar. Die landwye plaaslike regeringsverkiesings vind waarskynlik in Mei/Junie aanstaande jaar plaas. Die DA sal Maandag as ’n koukus vergader om die pad vorentoe te bespreek. “Die saak is nie alleen ‘n oorwinning vir die applikante nie, maar vir die hele Suid-Afrika, vir die eenvoudige rede dat die grondwetlike hof baie sterk riglyne neergelê het vir toekomstige verkiesings. Hierdie riglyne sal voortaan groot druk op die OVK plaas om pro-aktief ongerymdhede by verkiesings te bekamp en baie min ruimte laat vir inmenging by die onafhanklikheid wat die OVK aan die dag moet lê,” het Hans-Jurie Moolman, voorsitter van die DA koukus gesê. Volgens Thabo Mosiane, leier van die ANC koukus, aanvaar die ANC die beslissing van die grondwetlike hof. “Dit is duidelik uit die hof se beslissing dat die ANC niks met die ongerymdhede te doen gehad het nie. Dit is die stelsel wat die OVK gebruik om kiesers te registreer wat onvoldoende is. Ons het steeds die meerderheid posisies in die Raad met 22,” het Mosiane gesê. Volgens Mosiane is die ANC baie positief oor die tussenverkiesing, maar ook oor die munisipale verkiesing in 2016. Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van die munisipaliteit, het die hof se uitspraak nie ‘n invloed op die bestuur van die munisipale sake nie. “Die munisipaliteit sal voortgaan met sy dag-tot-dag werk en bly steeds verbind tot die kwaliteit dienslewering waarvoor Tlokwe bekend is,” het Maphosa gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button