NewsNews

Mafikengkampus onbepaald gesluit

Die Mafikengkampus is is gister onbepald gesluit nadat vele geboue op kampus aan die brand gesteek is.

Die Mafikengkampus is is gister onbepald gesluit nadat vele geboue op kampus aan die brand gesteek is.

Volgens Koos Degenaar, woordvoerder van die NWU-Mafeking, word studente aangeraai om die kampus onmiddellik  te verlaat vir hul eie veiligheid.  Studente is aangeraai om huistoe te gaan omdat dit ’n geruime tyd sal neem voor bedrywighede hervat sal word. Daar sal minstens ’n maand voor die tyd kennis gegee word  wanneer die kampus heropen sal word.

Die moeilikheid het begin toe ‘n geleentheid om die nuwe Kampus Verteenwoordigende Studenteraad (KVSR) in te huldig deur betogers, vermoedelik van die EFF-studentebevelstruktuur en ondersteuners van die ontbinde KVSR, ontwrig word. Volgens Degenaar  het die tydelik geskorsde KVSR-voorsitter, mnr Linda (Benz) Mabengwane ná die geleentheid op die kampus aangekom en ’n groep studente toegespreek . Sekuriteit wat op die kampus ontplooi is, het die groep uiteengejaag, wat tot botsings tussen hulle en die studente gelei het. Sekuriteit moes traangas en rubberkoeëls gebruik om die situasie onder beheer te kry. Die studente het sekuriteit met klippe bestook, wat tot verdere teenreaksie gelei het.

 

'n Voertuig wat aan die brand gesteek is deur studente
‘n Voertuig wat aan die brand gesteek is deur studente

Later die middag het die situasie opgevlam toe studente, voertuie wat aan personeel en die sekuriteitsmaatskappy behoort aan die brand te steek. Die kafeteria was ook deur die studente geplunder. Studente het voortgegaan om verskeie geboue op die kampus aan die brand te steek, waarvan die administrasiegebou hul hoofteiken was. Hierdie gebou is in totaliteit vernietig, insluitend alle amptelike rekords.  Na berekening beloop die skade miljoene rande.

10404387_968648149870748_1749079018234514471_n

Gerugte is versprei dat ’n student dood is as gevolg van ingryping deur sekuriteit, maar dit is van alle waarheid ontbloot. Brigadier Leonard Hlathi, woordvoerder va ndie provinsiale polisie, het bevestig dat geen studente dood is tydens die onlus nie.

“Studente gaan universiteit toe om hulself toe te rus met ‘n opvoeding, om hul loopbane te bevorder asook om te ontwikkel tot leiers. Die SAPD doen ‘n beroep op  alle partye om kalm te bly en om saam te werk om verskille op te los. Diegene wat verantwoordelik is vir misdaad sal verantwoordelik gehou word deur die geregtelike prosesse wat sal plaasvind. Tans is dossiere geregistreer en sal ondersoek word. Die saak van die skietery sal ook die nodige aandag geniet,” het Luitenant-generaal Motswenyane, Provinsiale Kommissaris van Noordwes gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button