SportSport

Maandag se Varsitybekerwedstryde uitgestel

Weens die huidige studenteoptogte is die vier Varsitybekerwedstryde wat hierdie komende Maandag, 29 Februarie sou plaasvind, uitgestel na 4 April toe. Die groot wedstryd tussen UFS Shimlas en NWU Pukke op die Fanie du Toit Sportgronde gaan sodoende nie hierdie Maandag plaasvind nie, het SupaRugby vroeër vandag berig. Die onrus wat tans op kampusse in …

Weens die huidige studenteoptogte is die vier Varsitybekerwedstryde wat hierdie komende Maandag, 29 Februarie sou plaasvind, uitgestel na 4 April toe.

Die groot wedstryd tussen UFS Shimlas en NWU Pukke op die Fanie du Toit Sportgronde gaan sodoende nie hierdie Maandag plaasvind nie, het SupaRugby vroeër vandag berig.

Die onrus wat tans op kampusse in die land heers, sowel as die dreigemente van studenteunies om die wedstryde te ontwrig het heel moontlik tot die besluit gelei.

Die studente se veiligheid is ook iets wat in ag geneem moet word, veral na die gebeure op Shimla Park verlede Maandag.

Die Varsitybeker-raad sal weer volgende week vergader om die ontwikkelinge by die onderskeie universiteite te monitor voordat enige wedstryde te hervat word, het Varsitybeker se Hoof Uitvoerende Beampte, Duitser Bosman, in ‘n amptelike persverklaring genoem.

“’Die veiligheid van al die toeskouers en deelnemers aan Varsitybekerwedstryde is vir ons van uiterste belang,”sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button