CommunityNewsNews

Hulle trap Kaap toe vir die droogte

Op hulle fietse wil vier Potchefstroomse fietsryers ’n verskil maak. Hulle wil die lewe aangryp en iets blywend vir nie net hulself nie, maar ook vir hulle medemens doen – meer spesifiek die droogtegeteisterde boere van ons land. Hulle wil trap vir ’n druppel water. “Ons gaan van Potchefstroom tot in Kaapstad in ’n negedae-lange …

Op hulle fietse wil vier Potchefstroomse fietsryers ’n verskil maak.
Hulle wil die lewe aangryp en iets blywend vir nie net hulself nie, maar ook vir hulle medemens doen – meer spesifiek die droogtegeteisterde boere van ons land. Hulle wil trap vir ’n druppel water.
“Ons gaan van Potchefstroom tot in Kaapstad in ’n negedae-lange toer ry om ons ondersteuning aan die boere en die waternood wat tans heers, in die lig te bring.
Ons ry vir al die boere!,” sê Dawie Aucamp, een van die vier fietsryers wat hierdie rit van ’n leeftyd gaan aanpak.
Aanvanklik het die groep bestaande uit Aucamp, Steven Oberholzer, Marilyn Rossouw en Nick Rossouw in Julie verlede jaar besluit om ’n toer aan te pak. Maar met die droogte wat nou heers het hierdie gesoute fietsryers almal in hulle laat 50’s en vroeë 60’s nou ’n werklike doel om te verwesenlik.
“Toe ons eerstehands die skade van die droogte gesien het, het ons besluit om met ’n groot doel voor oë te ry.”
Oberholzer is ’n ou bekende in fietsrykringe en het in verskeie beroepswedrenne deelgeneem.
Aucamp het reeds 18 Argus fietstoere onder sy saal en mik nou hierdie jaar vir nommer 19 ook.
“Uithouvermoë gaan baie belangrik wees en ons het hard geoefen.
Ons langste skof op die 1 200 kilometer toer gaan 207 km wees en ons kortste een 140 kilometer,” vertel Aucamp meer oor die skedule.
Die groep van vier het reeds gisteroggend om 05:30 vertrek en beoog om by Bloemhof oor te slaap vir hulle eerste skof.
“Ons Blink Vinke geniet dit om van fietsry ’n lekkerte te maak, dit moet geniet word.
Ons is baie opgewonde om die land op ons fietse te toer en nuwe dinge te beleef en nuwe mense te leer ken. Mense moet ons net verdra op die pad ook,” voeg hy by.
Die groep beplan om op Vrydag 4 Maart in die Kaap aan te kom en is vasberade om hulle standpunt en eenheid met die boere van Suid-Afrika te wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button