CommunityLifestyleLocal newsNewsNews

Help Potch om Dorp van die Jaar te wees

Inwoners van Potchefstroom kan vanaf 11 tot 17 Mei  stem om Potchefstroom as Kwêla se Dorp van die Jaar aan te wys. Alles word in die stryd gewerp om seker te maak dat ons wen. Die Potch-Tlokwe Sakekamer, in samewerking met verskeie ander rolspelers doen alles in hul vermoë om seker te maak dat Potchefstroom dié …

Inwoners van Potchefstroom kan vanaf 11 tot 17 Mei  stem om Potchefstroom as Kwêla se Dorp van die Jaar aan te wys. Alles word in die stryd gewerp om seker te maak dat ons wen. Die Potch-Tlokwe Sakekamer, in samewerking met verskeie ander rolspelers doen alles in hul vermoë om seker te maak dat Potchefstroom dié titel bekom! Die Sakekamer het ‘n skoonmaakprojek geloods wat hand aan hand gaan met die kompetisie en daar word gefokus op areas wat met Potchefstroom vereenselwig word, soos die Madiba banketsaal, die Mooirivier en die Potchefstroom spoorwegstasie. Die banketsaal se tuine is Dinsdag 3 Mei onder leiding van Sidney Fuller as projekoördineerder, in samewerking met die stadsraad en verskeie individue skoongemaak. Die Dienssentrum vir Bejaardes het ook ‘n bydrae gelewer deur voor hul eie sentrum in Chris Hanistraat skoon te maak. “Ons moedig almal aan om in te skakel. Ons wil ook voortgaan met die projek nadat die Dorp van die Jaar-kompetisie afgehandel is. Dit is egter nou belangrik dat elke Potchefstromer skoonmaak waar hulle werk, woon of kuier,” sê Fuller. Woensdag 4 Mei het leerders van Seiphemelo Secondary School, die Dr. Kenneth Kaunda distrik toerismevereniging, die Potchefstroom toerismevereniging en die N12 Treasure Route Association die area tussen die Tlokwe Youth Center for Excellence en Ikageng-stadion skoongemaak.
“Ons hoop dat hierdie gesindheid aansteeklik sal wees en dat elke Potchefstromer sal stem sodat ons 2016 se kompetisie kan wen,” sê Delmari van Zyl, hoof operasionele bestuurder van die Potch-Tlokwe Sakekamer.
Areas wat skoongemaak word:
10 Mei – Potchefstroom spoorwegstasie om 8:30, 14 Mei – Mooirivier (inligting sal op Facebook gegee word).
Die Noordwes-Universiteit lewer ‘n groot bydrae deur die Mnr. en Mej. Kampus-kompetisie se projek aan dié skoonmaakprojek te koppel. Hulle sal op 14 Mei help wanneer die Mooirivier op verskillende plekke skoongemaak word. Om as Dorp van die Jaar gekroon te word is almal se stemme nodig. SMS’e kan van 11-17 Mei gestuur word. Stuur die woord “POTCHEFSTROOM” na 33157. Elke selfoonnommer kan 30 keer stem.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button