NewsNews

Vermiste vrou in Gauteng gevind

Dustin Wetdewich ’n Jong ma wat op 3 Mei as vermis aangegee is, is Vrydag in Gauteng opgespoor. Dit volg nadat die hele gemeenskap verlede week op versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) die sosiale en ander media ingespan het om te help soek. Duisende mense het onder meer op die Herald …

Dustin Wetdewich
’n Jong ma wat op 3 Mei as vermis aangegee is, is Vrydag in Gauteng opgespoor.
Dit volg nadat die hele gemeenskap verlede week op versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) die sosiale en ander media ingespan het om te help soek.
Duisende mense het onder meer op die Herald se webtuiste die berig gelees waarin ‘n foto van haar en ’n beskrywing van haar motor gegee is.
Die GPF het Dinsdag 3 Mei ’n versoek op Facebook geplaas om te help soek na die vrou, Johannè Bester, wat vermis was.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar nie ’n klag van ontvoering ondersoek nie, maar is dit slegs as ’n vermiste persoon aangemeld.
Die boodskap oor Bester se verdwyning het baie vinnig versprei.
“Sy is ongedeerd in Gauteng gevind en huis toe geneem. Die spesifieke besonderhede rondom die voorval is van ’n persoonlike aard vir die familie,” het Chaka gesê.
Jeanne Adriaanse, voorsitter van die Potchefstroom GPF, sê “omstandighede en druk is baie erg op kinders (en op ouers) vandag. Kom ons respekteer die familie se privaatheid.”
Sy het die gemeenskap bedank vir hul hulp.

Vorige berigte

Jong vrou vermis

Vermiste vrou gevind 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button