Die twee kontrakteurs waarna die polisie onlangs nog gesoek het, is vanoggend (27 Mei) in hegtenis geneem.
Diè kontrakteurs het by ‘n gastehuis in Christiana ingeboek waarna die eienaar van die gastehuis hulle herken het uit die verskeie media berigte. Sy het die polisie gekontak waarna albei mans in hegtenis geneem is. Hulle het in die Orkney landroshof voorgekom waar hulle borgtog geweier is. Al die sake gaan by die ander bedrog sake gevoeg word wat teen volgende week gehoor sal word.
Wp Miller en JC Miller wat onder die naam Du Plessis Konstruksie, Skoonmaakdienste en Plaveisel handel dryf, is glo betrokke by 17 bedrog sake in Klerksdorp. Dit het onlangs aan die liggekom dat hulle mense in Potchefstroom ook begin indoen het.
’n Lasbrief is vir hulle uitgereik nadat hulle op 18 Mei in die landdroshof in Klerksdorp moes verskyn. Hulle het glo opgedaag en later net verdwyn, waarna hulle ‘n sieknota laat afgee het.



