NewsNews

Nog water gaan verlore te midde van waterbeperkings

Te midde van maatreëls en versoeke om water te spaar, is daar steeds gereeld groot waterlekke in die stad.

Te midde van maatreëls en versoeke om water te spaar, is daar steeds gereeld groot waterlekke in die stad.
Woensdag het ’n stroom water onbeheersd by James Morokastraat afgeloop.
Die waterlek het Dinsdag ontstaan toe daar aan infrastruktuur agter Mooirivier Mall gewerk is.
Volgens Marsha Joubert van Marsha Joubert Eiendomme, wat reg oorkant die straat is, het hulle sedert Dinsdag geen water nie.
“Hier werk baie mense in die gebou en ons kan nie eens die toilette gebruik nie,” sê sy.
Joubert sê die water het Woensdagoggend soos ‘n fontein begin spuit nadat daar Dinsdag aan die pype begin werk is.
“Hierdie is nou al die hoeveelste keer wat die water hier lek,” sê sy.
Op die hoek van Promosaweg en Readlaan is daar al die afgelope paar dae ‘n rioollek.
Rou riool loop in die straat. Dit is gereeld ‘n probleem is vir besighede in dié omgewing.
Verder kla inwoners van Mohadin oor riool wat in die Poortjiedam tussen Mohadin en Promosa inloop. Een van die inwoners sê die riool loop al vir baie lank in die dam en het al veroorsaak dat die dam begin groen word.
Volgens hom kan inwoners glad nie meer in die aand buite hul huise gaan nie, want die reuk is te oorweldigend.
Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van die Tlokwe Stadsraad, het ‘n span gemoeid met infrastruktuur, inspeksie op die hoof afvoerrioolpyp in Mohadin gehou en het gevind dat daar ‘n blokkasie naby Mohadin krieketstadion is.
Hierdie blokkasie is volgens Maphosa veroorsaak deur diere afval wat in die hoof uitloop gegooi is.
“Die span het al vir twee dae aaneen gewerk om die blokkasie te verwyder. Die stadsraad sal die gemors skoonmaak en die area ontsmet.
“Ons doen egter ‘n beroep op inwoners om nie vreemde voorwerpe in die rioolsisteem te gooi nie,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button