LetterOpinions

Werk solank as wat jy kan, sê leser

Aftrede kan jou soos ‘n dief in die nag bekruip. As jy weer sien is jou laaste werksdag verby.

B.J.V. Kriel skryf:
Aftrede kan jou soos ‘n dief in die nag bekruip. As jy weer sien is jou laaste werksdag verby.
Ek het die voorreg gehad om met professor Pieter Joubert te praat voor ek afgetree het.
Sy raad was om nie op te hou werk nie. Statistiek het aangetoon dat wanneer jy gaan stilsit, jou kanse goed is om binne vyf jaar te sterf. Ek het na professor Joubert se raad geluister. Nog voor ek afgetree het, het ek begin om ‘n kursus te volg met die oog op ander werk.
Dit is reeds meer as tien jaar gelede. Baie afgetredenes spandeer boonop hulle gratifikasie aan die motor wat hulle nog altyd begeer het. Tien jaar later is dit ‘n ou motor wat nie meer baie werd is nie.
Die inflasiemonster vreet vinnig aan jou kapitaal. Jou pensioen hou ook nie tred met inflasie nie. Ek dink om nie te werk nie tas ‘n mens se menswaardigheid aan. Die straf wat aan die man uitgedeel was in Gen 3:17 lui: “die aarde is deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak, jou lewe lank.” En nie tot jy afgetree het nie! (Verkort. Red)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button