NewsNews

Stadsraad skuld restaurant glo R60 000

Die kantoor van die burgemeester skuld Mike's Kitchen in Potchefstroom glo R60 000. Dit het aan die lig gekom nadat eienaar John van der Westhuizen op die Facebook groep Hello Pietie gekla het.

Die kantoor van die burgemeester skuld Mike’s Kitchen in Potchefstroom glo R60 000.

Dit het aan die lig gekom nadat eienaar John van der Westhuizen op die Facebook groep Hello Pietie gekla het.

Van der Westhuizen se Facebook inskrywing
Van der Westhuizen se Facebook inskrywing

 

Victor Boqo, woordvoerder van die burgemeester, het bevestig dat daar ‘n agterstallige rekening van ongeveer R60 000 is.

“Hierdie bedrag is nie alles op een slag gebruik nie. Dit is al van Januarie af wat gaste van die burgemeester na die restaurant geneem word,” het hy gesê.

Volgens Boqo, is die rede vir die ageterstallige rekening, die feit dat die aanpassingsbegroting eers laat (28 Mei) deur die raad goedgekeur is.

“Daar is baie diensverskaffers wat nog nie betaal is oor die rede nie. Ons finansies afdeling is hard aan die werk om alle diensverskaffers te betaal. Ons vra dat almal asseblief geduldig is omdat daar regtig ‘n agterstand is,” het Boqo gesê.

Volgens hom was daar ‘n verdere vertraging met Van der Westhuizen se betaling omdat sy belastingklaringsertifikaat nie in orde was nie.

“Dit is snaaks dat hy op Facebook en in die media kla dat ons hom verskuldig is.  Die munisipaliteit ondersteun al lank sy besigheid.  Tlokwe Munisipaliteit  ondersteuning al baie lank van ons plaaslike sakelui insluitend restaurante soos Mikes Kitchen. Dit is nie die enigste restaurant wat die kantoor van die burgemeester gebruik wanneer hy gasheer moet wees vir sy belangrike gaste nie,” het hy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button