SportSport

Turbo Snails tem Magalies Monster

Frans van der Berg se Turbo Snails Bergfietsry-oefengroep het skoonskip gemaak die afgelope naweek by die Magalies Monster bergfietsren, met vyf van sy fietsryers wat podiumplekke behaal het. Dié bergfietsren het op 21 Mei by ATKV Buffelspoort plaasgevind. Brandon van der Berg behaal ‘n eerste plek, Pieter du Toit ‘n tweede en Brendan van Eeden …

Frans van der Berg se Turbo Snails Bergfietsry-oefengroep het skoonskip gemaak die afgelope naweek by die Magalies Monster bergfietsren, met vyf van sy fietsryers wat podiumplekke behaal het.

Dié bergfietsren het op 21 Mei by ATKV Buffelspoort plaasgevind. Brandon van der Berg behaal ‘n eerste plek, Pieter du Toit ‘n tweede en Brendan van Eeden ‘n derde in die 40km-afdeling.

Danielle Strydom behaal ‘n eerste plek en Nooi Louw kom tweede in die dames 40km-afdeling. In ander nuus het Strydom nog wonderlike prestasies behaal deur vir die Suid-Afrikaanse span vir beide bergfiets en padfiets gekies te word. Strydom is gekies om aan   die UCI Bergfiets Junior Wêreldkampioenskappe op 30 Junie in Tsjeggiese Republiek deel te neem.

Verder is sy ook vir die SA Junior padfietsspan gekies wat om aan die Europese Toer deel te neem. Sy is die enigste Potchefstromer wat dit kon vermag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button