Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies en Volkies lewer puik rugbystryde

Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom die afgelope naweek was soos gewoonlik weer vol goue sportoomblikke waar spelers hulle allerbeste op die sportvelde gee het. Volkies se rugbyspanne was hierdie jaar op hulle stukke gewees en met klipharde ondersteuning van die kantlyn vir ekstra motivering, het hulle die oorhand …

Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom die afgelope naweek was soos gewoonlik weer vol goue sportoomblikke waar spelers hulle allerbeste op die sportvelde gee het.
Volkies se rugbyspanne was hierdie jaar op hulle stukke gewees en met klipharde ondersteuning van die kantlyn vir ekstra motivering, het hulle die oorhand oor Gimmies gehad.
Die beste hoogtepunt was verseker Volkies se eerstespan se naelskraap 18-17 oorwinning; maar die ander jonger manne het ook hulle skool net so trots gemaak.
Die o.15A-span het uitstekend gespeel in hulle 38-12 oorwinning teen Gimmies. Die span in blou het wel vroeg die voortou geneem toe Lumka Gebengana die eerste drie gaan druk het na hy op ’n los bal losgesak het. Gebengana was een van die hoogtepunte vir Gimmies en het met sy spoed baie probleme veroorsaak.
Die speler wat wel die meeste beïndruk het, was Volkies se binnesenter Janco Joubert wat twee drieë vir sy span gaan druk het.
Die blondekop was ’n regte woelwater op die aanval met goeie spoed en ’n sin vir die gaping. Dit tweedespan van Volkies, beter bekend as “Die Army” het ook beïndruk met van 15-19 terug te kom en 32-19 te wen – iets wat duidelik goeie motivering vir die eerstespan was, aangesien ‘n klomp tweedespan spelers ook op die reserwebank vir die eerstespan was.
Nes die eerste en tweede spanne het Gimmies se o.16A-span ook ’n halftydvoorsprong verskans en in ’n taai wedstryd met 17-14 teen Volkies die knie gebuig.
Gimmies se o.14A- en B-spanne was die enigste spanne wat Volkies kon klop. Gimmies het ’n indrukwekkende 39-0 oorwinning in die o.14A wedstryd behaal en daar is beslis hoop vir groot dinge met hierdie nuwe groep seuns.

2016 Classic Clash Rugbyuitslae

  • 1ste Volkies wen 18-17.
  • 2de Volkies wen 32-19.
  • 3de Volkies wen 11-10.
  • 4de Volkies wen  36-12.
  • o/16A Volkies wen 17-14.
  • o/16B gelykop 21-21.
  • o/15A Volkies wen 38-12.
  • o/15B Volkies wen 54-0.
  • o/14A Gimmies wen 39-0.
  • o/14B Gimmies wen 20-17

Kyk die foto’s hier: Fotos: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button