Die Wilge se hoof tree uit en nie af nie
“Dit is nie regverdig nie, hoekom moet jy ons verlaat?” vra Nomsa Nhlapo, hoofmeisie by Die Wilge vir Johann Boshoff, Hoërskool Die Wilge se hoof, op sy laaste dag. Boshoff het op 31 Mei “uitgetree”. “Ongelukkig moet ek nou gaan. As dit van my afgehang het, het ek vir nog so vyf jaar gebly,” sê …
“Dit is nie regverdig nie, hoekom moet jy ons verlaat?” vra Nomsa Nhlapo, hoofmeisie by Die Wilge vir Johann Boshoff, Hoërskool Die Wilge se hoof, op sy laaste dag. Boshoff het op 31 Mei “uitgetree”.
“Ongelukkig moet ek nou gaan. As dit van my afgehang het, het ek vir nog so vyf jaar gebly,” sê hy.
Boshoff wat vir 42 jaar in die onderwys was, was die afgelope sewe jaar ‘n steunpilaar vir baie by De Wilge. Hy vertel dat hy die kinders die meeste gaan mis.
“Ek gaan na hulle drukkies verlang, hulle stap in my kantoor en die woorde ‘ek vra my meneer, kan ons ‘n drukkie en ‘n koekie kry asseblief?’, daardie oomblikke was vir my baie spesiaal,” sê hy. Boshoff wat ook voorsitter van die Hoërskole Hoofleiersimposium is, sê hy het al baie lewenslesse geleer oor die jare heen en een van die grootste lesse is dat as jy wil hoog vlieg, moet jy hard werk. Die boodskap wat hy die leerlinge van Die Wilge mee wil los is: “Be positive and always do you best.” Hy sê ook dan sal al die ander goed in plek val. Hy bedank almal wat hom oor die jare ondersteun het.
Boshoff sê dit is nog nie tyd om laat te slaap nie, hy gaan hom besig hou met die Hoërskole Hoofleiersimposium. Hy is ook ‘n dienende majoor by Regiment De La Rey. Mnr. A. Rudd sal in sy plek as hoof waarneem.



