NewsNews

Man dood toe trein hom tref

Die polisie is besig met 'n geregtelike doodsondersoek na 'n man gisteraand (6 Junie) omstreeks 19:00 deur 'n trein getref is.

Die polisie ondersoek ‘n voorval waar ‘n man deur ‘n trein doodgery is in wat lyk na ‘n selfmoord-geval.

Die man is gisteraand (6 Junie) omstreeks 19:00 deur die trein raakgery. 

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het ‘n man wat nog nie geidentifiseer is nie, op die treinspoor naby die nywerheidsgebied geloop. 

“Volgens die treindrywer het hy die man gesien en die trein se toeter geblaas om die man te waarsku,” het Manyoba gesê. 

Die man het glo sy baadjie oor sy kop getrek waarna hy op die treinspoor gaan kniel het. Die trein kon nie vinnig genoeg stop nie. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. 

Volgens Manyoba was dit ‘n swart man wat  bruin enkelhoogte stewels aangehad het en met ‘n roomkleurige baadjie. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button