
‘n Baba is Vrydagoggend (10 Junie) omstreeks 10:00 naby die fontein van die banketsale in Nelson Mandelarylaan gevind.
‘n Verbyganger het die baba binne ‘n sak by die fontein sien lê waarna hulle ‘n nabye verkeersbeampte genader het vir hulp. Die verkeersbeampte het die ambulans en SAPD ontbied vir bystand.
IMR ambulansdienste het die baba dood op die toneel verklaar.
Alhoewel ‘n nadoodse ondersoek eers gedoen moet word, word daar vermoed dat die dogtertjie gelewe het ten tyde van geboorte. Sy was glo ten volle ontwikkel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




