SportSport

Flames se netbalsterre nou Proteas

Daar is vanjaar twee vars nuwe gesigte in die Spar Protea netbalspan en hulle is trots Noordwes, trots Potch sowel as trots PUK. Sigi Burger en Renske Stoltz is vir die toetsreeks teen Wallis vir die Proteaspan gekies en gaan hulle debuut vir die land vanaf 17-19 Junie in Durban maak. Jeanté Strydom is ook …

Daar is vanjaar twee vars nuwe gesigte in die Spar Protea netbalspan en hulle is trots Noordwes, trots Potch sowel as trots PUK.

Sigi Burger en Renske Stoltz is vir die toetsreeks teen Wallis vir die Proteaspan gekies en gaan hulle debuut vir die land vanaf 17-19 Junie in Durban maak. Jeanté Strydom is ook vir die o.21-SA span gekies en gaan definitief ook ‘n groot impak wil maak met hierdie goue geleentheid.

Burger en Stoltz het juis die afgelope nege maande briljant as ’n aanvallende paar op doel en hulpdoel vir beide NWU-Pukke en die Noordwes Flames presteer. Stoltz is juis ook bekroon met die speler van die Brutal Fruit Netbal Premierliga vanjaar vir haar vasberade en vreeslose spel op die baan. Burger het self ook die beste doelgemiddeld in die kompetisie gehad met oor die 90 persent.

Foto’s: BackpagePix

Hulle afrigter, Dorette Badenhorst, is ook deel van hierdie toetsreeks teen Wallis as assistentafrigter, waar sy saam met Nicole Cusack die hoofafrigter Norma Plummer, bystaan. Dit is welverdiend aangesien Badenhorst die afgelope tyd klomp sukses met die Varsity Netbalbekertrofee en goeie vertonings in die NPL behaal het.

“Dit is ‘n ongelooflike geleentheid en ‘n groot prestasie vir my asook Sigi en Renske by die Flames om die SA Proteaspan te haal. Om saam met Nicole en Norma te werk is fantasties. Die televisiedekking help ook vir die bewusmaking van die sport,” het Badenhorst gesê.

*Die toetswedstryde teen Wallis sal op SuperSport 210 vanaf 17-19 Junie vanaf 18:00 uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button