NewsNews

Uit my dagboek: Nuwe pa: Die brein is vinniger as die lyf

“Waar is Aiden se bottel?” hoor ek my vrou vra terwyl ek in die stort is. “Ek weet nie?” skree ek maar terug.

“Waar is Aiden se bottel?” hoor ek my vrou vra terwyl ek in die stort is.
“Ek weet nie?” skree ek maar terug. Ons is haastig om by die werk te kom, so ons kan nie te lank soek nie. Ek hoor hoe gefrustreerd raak my vrou soos wat sy na die bottel soek. Ek knip my stort kort en trek vinnig aan sodat ek met die soektog kan help. Die minute stap aan en emosies loop hoog, want die bottel kan nie heeldag lê nie, dit moet gewas word sodat dit vanmiddag weer gebruik kan word.
Moedeloos draai ons na Aiden, want hy het tog die bottel laaste gehad.
“Waar is jou bottel seun?” pleit ek met Aiden. So ewe asof ek nou die simpelste vraag gevra het, stap hy met mening na die stoof en lê plat op sy maag.
“Doh, doh,” sê hy soos hy onder die stoof wys. Ek gaan lê langs hom en die bottel lê wraggies daar. Met die krisis afgeweer, kan ons pak en werk toe gaan. Aiden verstaan presies wat ons vir hom sê. As hy klaar geëet het, vra ek hom om sy mond af te vee. Dadelik tel hy die lappie op en vee sy mond af. Hy weet al presies van watter tipe kos hy nie hou nie. Hy kan vir ons sê wanneer hy versadig is, deur sy handjies in die lug te gooi, en te sê “tlaa” wat ons nou maar aanneem beteken klaar. Alhoewel sy brein al so gevorder het dat hy kan verstaan, werk die res van sy lyf nie saam nie. Hy wil woorde gebruik, maar die mond kan nog nie al die klanke maak nie. Sy brein sê vir hom hy moet agter die hond aanhardloop as hulle buite speel, maar sy beentjies wil nog nie sy vorentoe momentum uitbalanseer nie. Met die gevolg is hy val meer as wat hy hardloop. Al waar sy brein nog bietjie agter is, is wanneer dit by pyn kom. Met al die kere wat hy al geval het, sou ek verwag dat hy baie meer sou huil, maar tog staan hy weer op en hardloop verder, net om weer te val en op te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button