Die Habitat Lentefees trek hierdie jaar ‘n splinternuwe baadjie aan. Die fees wat vir 28 jaar op die Trimpark aangebied is, skuif na die NWU-Pukke Joolplaas. ‘n Plek wat alle Potchefstromers ken as die oorsprong van vele groot makieties!
Logistieke redes soos `n groot verhoog met genoegsame sitplek vir `n groot aantal toeskouers, soos byvoorbeeld vir die Karen Zoid vertoning, is een van die groot beweegredes.
Nog groot nuus is dat die kaartjies die jaar aanlyn aangekoop kan word. Spesiale aanbiedinge sal beskikbaar wees vir persone wat vroeg reeds hul kaartjies aankoop. Die Lentefees lok jaarliks tussen 20 000 en 30 000 mense en hoop om die jaar selfs meer mense te akkommodeer.
Met ‘n uitgebreide feesprogram en splinternuwe elemente word daar beloof om alle verwagtinge te oortref. Die fees sal vanaf
1 tot 3 September plaasvind en is bevoorreg om weer eens Habitat as hoofborg te hê wat die span in staat stel om innoverende idees tot uitvoer te kan bring.
Ingang is steeds R30 vir volwassenes, R20 vir studente, R20 vir pensioenarisse en R10 vir kinders.
Besoek gerus hul webblad www.potchlentefees.co.za of hul
Facebook-blad “Potchlentefees” vir meer inligting.



