Editor's choiceEditor's note

Stilswye los nie probleem op

Beeld berig vandeesweek dat die direkteur van die mediawaghond, Media Monitoring Africa (MMA), sou gesê het dat Verwoerd, baasbrein van apartheid, trots sou wees op die SAUK.

Beeld berig vandeesweek dat die direkteur van die mediawaghond, Media Monitoring Africa (MMA), sou gesê het dat Verwoerd, baasbrein van apartheid, trots sou wees op die SAUK.
Dit na aanleiding daarvan dat , terwyl die geweld in en om Pretoria oral nuus maak, die SAUK Dinsdag gewys het hoe die Springbokke oefen.
Die direkteur van MMA, William Bird, sê die SAUK se belaglike beleid, om nie geweld uit te saai nie, het dus Dinsdag gerealiseer.
Gelukkig was daar ander media wat aan die res van die land en die wêreld gewyshet hoe politieke binnegevegte, onverdraagsaamheid, swak dienslewering en etnisiteit al meer ’n alledaagse gesig in Suid-Afrika gaan word.
Hoekom? Johanna van Eeden, hoof van Afrikaanse koerante by Media 24, skryf dat ’n regeringsamptenaar aan haar gesê het “Dit is die rook wat roep”.
Dit is hoe die gemeenskappe met die regering kommunikeer. As jy iets brand, trek jy aandag en dan kom ’n afvaardiging van die regering besoek aflê. Veral met ’n verkiesing wat voorlê.
Redeneer die SAUK (in opdrag van die regering?) dus dat as jy nie die rook wys nie, dan trek dit nie aandag nie en dan is daar ook nie ’n probleem nie?
Daar is glo meer as sewe miljoen huishoudings wat net van die SAUK afhanklik is vir nuus.
Die Herald het onlangs in sy kommentaar ook daarop gewys dat die redes vir protes nie weggaan deur nie daaroor te berig nie. Met of sonder die SAUK se nuusdekking, soos vandeesweek bewys is, sal die rookseine voortduur.
Laat inwoners asseblief self besluit wat is goed of sleg vir hulle om te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button