NewsNews

Ongeluk: Man uit hoësorgeenheid

Mnr. David Richardson (40), wat op 25 Junie ernstig in ’n motorongeluk op die Viljoenskroonpad beseer is, se toestand het so verbeter dat hy Woensdagoggend uit die hoësorgeenheid na ‘n ander saal oorgeplaas is.

Mnr. David Richardson (40), wat op 25 Junie ernstig in ’n motorongeluk op die Viljoenskroonpad beseer is, se toestand het so verbeter dat hy Woensdagoggend uit die hoësorgeenheid na ‘n ander saal oorgeplaas is.
Richardson is na die ongeluk per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy moes glo ’n plaat in sy elmboog kry, sy heup het ’n fraktuur en hy het verskeie kopbeserings opgedoen.
Volgens sy vrou, Jo-Adrie, het die hospitaal die sedasie gestaak, maar hy is steeds baie deurmekaar.
“Hy het onthou dat hy in ’n ongeluk was, maar dit is al. Hy wil net opstaan en werk toe gaan. Sy been is steeds in traksie en ons wag nou vir die ortopeed om te besluit wat hy met die fraktuur in die heup gaan doen en wanneer,” sê Jo-Adrie.
Hoewel sy besef haar man het nog ’n lang herstelproses wat voorlê, is sy baie dankbaar dat hy vir haar en haar twee kinders gespaar is.
“Die meeste administratiewe dinge soos die versekering is darem afgehandel. Omdat dit elke dag beter gaan met hom, is dit vir die familie emosioneel ook meer draaglik. Ek mis net my koffie in die bed elke oggend,” spot sy.
Jo-Adrie vertel dat haar seun Vihan Dinsdagaand vir haar ’n roos uit die tuin gaan pluk het en op haar kussing vir haar gelos het.
“Hy is net soos sy pa ’n stiller outjie, maar wys sy omgee op sulke klein spesiale maniertjies. Dit het my en die tweeling (Vihan en Miricia) baie nader aan mekaar gebring. Hulle help my regtig baie in die tyd,” vertel sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button