Agriworks Landbou Ekspo eersdaags terug in Potch
CADEK Media, organiseerders van die nasionale Agriworks Landbou Ekspos, bied einde Julie hul derde Noord-Wes ekspo in Potchefstroom aan. Die geleentheid vind plaas by die Trimpark gronde agter die Mooirivier Mall op Vrydag 29 Julie en Saterdag 30 Julie. Boere van die omgewing word genooi om die nuutste landbou implemente, toerusting en dienste te kom …

CADEK Media, organiseerders van die nasionale Agriworks Landbou Ekspos, bied einde Julie hul derde Noord-Wes ekspo in Potchefstroom aan. Die geleentheid vind plaas by die Trimpark gronde agter die Mooirivier Mall op Vrydag 29 Julie en Saterdag 30 Julie.
Boere van die omgewing word genooi om die nuutste landbou implemente, toerusting en dienste te kom besigtig en gebruik te maak van die spesiale ekspo-pryse en aanbiedinge. Die algemene publiek is ook baie welkom en die almal word genooi om ’n feestelike atmosfeer te kom geniet met lekker musiek, interesante uitstallings en heerlike eet- en drinkgoed. 
Van die uitstallers sluit ondernemings in soos: Aquadam, Arwald Tankor Trailers, Eastvaal Toyota Potch, Eden Equip, Icermax, Incledon, Kirloskar, Kleinplaas Pype, Kosh Marine, Nemtek, NTT Nissan, Senter 360, Snappy Chef, The Sun Pays, TH Machine Tools, Turfmaster, Valtrac, Vencedor Trailers, Cargo Motors Klerksdorp, Dockpro, Hydrapump, The Huntsman Outdoor-Sniper and vele meer.
Die ekspo sal daagliks oop wees van 9vm tot 5nm. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 18 is gratis. Kaartjies is beskikbaar by die Trimpark Hek op die dag. Veilige parkering word ook voorsien.
Trimpark het ’n ruim hart en ondernemings wat belangstel om uit te stal kan steeds hul staanplekke bespreek. Besoek www.agriworks.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media, by 021 854 4700 vir meer inligting







