NewsNews

Sover wen ANC meerderheid in Tlokwe/Ventersdorp

Met 80% van die stemme verwerk, blyk dit dat die ANC weer die meerderheid in die stadsraad sal wees.

Met 80% van die stemme verwerk, blyk dit dat die ANC weer die meerderheid in die stadsraad sal wees.

Dit blyk ook dat ʼn koalisie regering onwaarskynlik is. Die ANC het 56% van die proporsionele stem ontvang terwyl die DA 26% van dié stem gekry het.

Die EFF het 8.19%, Vryheidsfront 4.83% en die onafhanklike kandidate 3.21% van die proporsionele stem ontvang.

Die verskeie wyke is opgedeel tussen die DA en die ANC, waar dit lyk dat die ANC 24 wyke gaan gewen en die DA 10. Die Tlokwe/Ventersdorp stadsraad sal bestaan uit 68 setels, 34 vir proporsioneel en 34 vir die wyke. Dit wil sê dat dit blyk asof die ANC 43 setels in die raad sal hê, die DA 19, EFF 3, Vryheidsfront 2 en die onafhanklike kandidate 1.

Tot dusver is net 80% van die stemme verwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button