CommunityNews

Gimmies kry toekenning vir nasiebou-projek

Potchefstroom Gimnasium se ATKV-tak (ATKVonk) het tydens die ATKV se algemene jaarvergadering ‘n toekenning vir die projek wat nasiebou die beste bevorder, ontvang.

Potchefstroom Gimnasium se ATKV-tak (ATKVonk) het tydens die ATKV se algemene jaarvergadering ‘n toekenning vir die projek wat nasiebou die beste bevorder, ontvang.
Alberto Casaleggio, matriekleerder van Gimmies, het ‘n interskole gespreksforum gestig wat gereeld eietydse kwessies in die vorm van ‘n debat bespreek.
‘n Uitnodiging is aan al die hoërskole in Potchefstroom gerig.
Die verteenwoordigers van die onderskeie skole (waar moontlik ‘n seun en ‘n dogter) kom een keer ‘n kwartaal bymekaar om ‘n kwelpunt te bespreek en oplossings te probeer vind.
Onderwerpe soos die hantering van skoolboelies, asook die negatiewe invloed van rolmodelle, is reeds bespreek.
Die skole wat gereeld aan die forum deelneem is Potchefstroom Gimnasium, Potchefstroom Boys High, The High School for Girls Potchefstroom, Hoërskool Ferdinand Postma en die Hoër Tegniese Skool. ATKVonk sou graag wou sien dat nog meer skole by die forum betrokke raak.
Die forumlede kom weer op 16 Augustus om 18:00 in die personeelkamer van Potchefstroom Gimnasium bymekaar. Tydens hierdie geleentheid sal die behoefte aan moedertaalonderrig bespreek word.
Die uiteindelike doel van die forum is om vir die jeug ‘n spreekbuis te gee met die veronderstelling dat persone in gesagsposisies hul opinies ter harte sal neem. Die forum poog ook om groter begrip en samewerking tussen tieners van verskillende etniese groepe, taalgroepe en geslagte te bevorder. Dit is werklik nasiebou!

Soortgelyke Stories

Ritmiese gimnas bewys haar talent

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button