
ʼn Voertuig het gistermiddag (11 Augustus) in Kampstraat omstreeks 13:00 aan die brand geslaan.
Die voertuig, wat aan ʼn bejaarde inwoner behoort, het in die erf agter die Dienssentrum gestaan toe dit aan die brand geslaan het. Die bejaarde vrou het glo haar laaste pensioengeld gebruik om die voertuig te koop.
Mooirivier beskerming was op die toneel om ondersteuning te bied aan die Tlokwe brandweer wat die brand bestry het. Dit is nog onbekend presies wat die brand veroorsaak het, gelukkig is niemand beseer tydens die voorval nie.
Lees die volledige berig in volgende week se Herald.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







