Luiperds begin Curriebeker Eersteliga verdediging teen Grens op Olënpark
Die Luiperds se eerste wedstryd in die Curriebeker Eersteliga word op Vrydag, 12 Augustus op Olënpark teen die Grens Bulhonde gespeel. Die afskop is om 17:00. Die ander vier spanne in die liga is SWD, die Welwitchias van Namibië, die Griffons en die Valke. Die Luiperds speel ook hulle tweede wedstryd tuis op 20 Augustus …

Die Luiperds se eerste wedstryd in die Curriebeker Eersteliga word op Vrydag, 12 Augustus op Olënpark teen die Grens Bulhonde gespeel. Die afskop is om 17:00. Die ander vier spanne in die liga is SWD, die Welwitchias van Namibië, die Griffons en die Valke. Die Luiperds speel ook hulle tweede wedstryd tuis op 20 Augustus en wel teen die Welwitchias.
Die Luiperds se span teen Grens is: Ryno Wepener, Rowayne Beukman, Bradley Moolman, Johan Deysel, Jaco Hayward, Gene Willemse, Malherbe Swart, Marno Redelinghuys, HP Swart, Juan Language (kaptein), Walt Vermeulen, Stairs Mhlongo, Lucky Ngcamu, Wilmar Arnoldi en Bart le Roux. Reserwes: Dane van der Westhuyzen, Roan Grobbelaar, Loftus Morrison, Jaco Jordaan, Chriswill September, Juffrou Vermeulen en Myburgh Briers.



