NewsNews

‘n Propvol program vir Welvaartkongres

Die jaar se Welvaartkongres het ʼn program vol beleggingsraad vir ʼn wye verskeidenheid van beleggers. Oor die afgelope aantal maande het menigte mense die effek van die verlangsaming in die ekonomie en politieke onsekerheid aan hul beursies gevoel. Die woelinge het egter ook ʼn uitwerking op ons beleggings, al sien ons dit nie elke dag …

Die jaar se Welvaartkongres het ʼn program vol beleggingsraad vir ʼn wye verskeidenheid van beleggers. Oor die afgelope aantal maande het menigte mense die effek van die verlangsaming in die ekonomie en politieke onsekerheid aan hul beursies gevoel. Die woelinge het egter ook ʼn uitwerking op ons beleggings, al sien ons dit nie elke dag nie. Min mense besef dat hul pensioenfonds en uittreeannuïteit waarskynlik hul grootste beleggings is en dus voor, by en na aftrede belangrike beleggingsbesluite meebring. Tog spandeer baie van ons minder tyd om dit te verstaan as wat ons spandeer met die aankoop van ʼn nuwe motor. Elke belegger behoort hom/haar self af te vra of sy huidige portefeulje en fondse nog geskik is vir die huidige toestande. Die dae is waarskynlik verby waar ek getrou my geldjies kan spaar en dink ek gaan daarvan vergeet totdat ek aftree.

Dit is juis waarom die jaar se Welvaartkongres tema “Balans in onstuimige tye” heet. As jy dus wonder hoe om ʼn balans te kry tussen verskillende bateklasse, binne- en buitelands, kapitaalgroei en inkomste sal Anchor Capital, Fairtree Capital, Coronation en Glacier se paneelbespreking groot waarde inhou. Onafhanklike politieke ontleder, Harald Pakendorf bring perspektief oor die Suid-Afrikaanse politieke omgewing na 3 Augustus, wat gewis ʼn invloed op die beleggingswêreld het.

Die aand begin met die aanbieding van Harald Pakendorf. Hierna sluit die res van die sprekers by hom op die verhoog aan. Gaste kan ʼn intense bespreking oor die beleggingsopsies verwag. Die bespreking word afgesluit met toeligting deur Glacier Research aangaande die regte inkomste persentasie wat pensioenarisse uit ʼn lewende annuïteit behoort te neem. Dit sal toegelig word met werklike gevallestudies. Die aand word met ʼn ligte ete afgesluit waartydens gaste die geleentheid het om persoonlike met die sprekers asook belegging spesialiste van Jenwil Blouster te gesels. Die opbrengs van die aand word aan Vessels of Mercy, ʼn organisasie sonder winsbejag geskenk.

Welvaartkongres_raam_geenteks2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button