Die Nuwe Audi A4 – wees gereed!
Met die eerste oogopslag lyk dit soos ’n bikini-model. Perfekte kurwes en lyne… Van nader bekyk, kom jy vinnig agter dat dit ook die beeld van ’n hoofuitvoerende-beampte in ’n deftige snyerspak vervolmaak. Jip, die nuwe-generasie Audi A4 het pas sy verskyning gemaak, en dit draai koppe sover as wat dit gaan! Met meer …


Met die eerste oogopslag lyk dit soos ’n bikini-model. Perfekte kurwes en lyne… Van nader bekyk, kom jy vinnig agter dat dit ook die beeld van ’n hoofuitvoerende-beampte in ’n deftige snyerspak vervolmaak.
Jip, die nuwe-generasie Audi A4 het pas sy verskyning gemaak, en dit draai koppe sover as wat dit gaan! Met meer krag, enjins in die reeks wat meer effektief is en ’n IK-toetsuitslag wat die wenkbroue laat lig, het Audi beslis die dwarslat vir ander fabrikate in sy A4-klas aansienlik gelig. Een ding is seker – die nuwe A4 bied ’n innoverende sintese van tegnologie en estetika!
Die opmerklike verskille tussen die nuwe B9-model en sy B8-voorganger is beslis die skerper hoeke van die sierrooster en die effens platter, meer sportiewe kop- en remligte. Die nuwe model is effens langer en breër, maar ontwerpers het dié model se gewig met sowat 120kg gekrimp (afhangende van die betrokke enjin). ’n Intelligente mengsel van materiale maak van die A4 een van die ligste in sy klas.
In die huidige ekonomiese tye waarin ons onsself tans bevind, is die A4-modelle se brandstofverbruik beslis iets om oor opgewonde te word. Dié enjins gebruik ’n gemiddeld van 21% minder brandstof, maar bied terselfdertyd 25% meer krag. Die 1.4 TFSI petrolenjin bied ’n ongelooflike 110kW krag en 250Nm wringkrag teen 4.9l per 100km. Die 2.0l TFSI petrolenjin sit 140kW teen 320Nm wringkrag uit en Audi praat van ’n baie ekonomiese 4.9l per 100km. ’n Parmantige 2.0l dieselenjin werk teen so min as 4.1l per 100km.
Net die intreemodel petrolenjin is in handrat sowel as outomatiese ratkaste, of S-tronic soos Audi dié tegnologie gedoop het, beskikbaar.
Die res van die modelle maak slegs van die S-tronic ratkas gebruik.
Ek het die nuwe A4 vir ’n paar aanhangers van ander Duitse vervaardigers gewys, en dit was opmerklik hoe beïndruk hulle met Audi se nuwe ontwerp van die binneruim is. Die funksies wat waarskynlik die grootste applous sal kry is die super-moderne virtuele kajuit, wat uit die ’n intelligente navigasiesisteem, digitale instrumentpaneel en Bang & Olufsen 3D klanksisteem bestaan. Glo my, ’n ervaring soos nooit van tevore nie! Audi definieer hul virtuele kajuit verder met die gebruikersvriendelike 12-duim LCD skerm wat al die belangrike inligting in hoë-resolusie vertoon.
Die nuwe stembevel-stelsel identifiseer baie maklike alledaagse taalgebruik, en is heel gehoorsaam as ek vir die roete na die naaste kitskosrestaurant vra.
Passasiers baat ook uit die gerief van ’n Wi-Fi hotspot binne die kajuit sodra ’n data-simkaart geïnstalleer is.
Kajuitstilte was iets wat my dadelik opgeval het. Selfs teen ’n hoë spoed, is die padgeraas minimaal. Die sagte en egalige verwisseling van ratte by die S-tronic (outomatiese) model is verstommend. Ek is oortuig daarvan dat dit selfs sagter is as ’n kat wat pantoffels dra. Om boonop die kersie op die koek te plaas, vra die Audi A4 nie simpel vrae as jy die versneller plat trap nie.
Alle nuwe Audi’s kom standaard met ’n 5 jaar/100 000km Audi Freeway Plan.
Beskikbare modelle:
A4 1.4 TFSI Basies Handrat110kW R476 500
A4 1.4 TFSI Basies S tronic110kW R494 500
A4 1.4 TFSI Sport S tronic110kW R527 500
A4 1.4 TFSI Design S tronic110kW R523 500
A4 2.0 TFSI Basies S tronic140kW R536 500
A4 2.0 TFSI Sport S tronic140kW R557 500
A4 2.0 TFSI Design S tronic140kW R553 500
A4 2.0 TDI Basies S tronic140kW R559 000
A4 2.0 TDI Sport S tronic140kW R580 000
A4 2.0 TDI Design S tronic140kW R576 000
A4 2.0 T FSI Quattro Sport S tronic185kW R666 000
Audi Klerksdorp bied tans finansieringspakkette wat die aankoop van ’n nuwe Audi baie bekostigbaar en aanloklik maak. Jy kan byvoorbeeld ’n splinternuwe intreemodel Audi A4 ry teen ’n R25 000 deposito en R5999 per maand oor 36 maande gefinansier, teen ’n gewaarborgde terugkoopwaarde. Terme en voorwaardes geld.
Skakel Audi Klerksdorp by 018 462 6491, besoek hul webblad by www.audi-klerksdorp.co.za of gaan hou van hul Facebook-blad.












