SportSport

Baanopsigter neem wraak

Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou.  *Op Woensdag 17 Augustus het die Klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Kobus Gerber met 40 punte 2e – Cas Bakkes met 38 punte 3e – Hennie Kruger met 37 punte *Op Vrydag 19 Augustus het die Klub ‘n “Greenkeeper Revenge” …

Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou.  *Op Woensdag 17 Augustus het die Klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was:

1e – Kobus Gerber met 40 punte

2e – Cas Bakkes met 38 punte

3e – Hennie Kruger met 37 punte

*Op Vrydag 19 Augustus het die Klub ‘n “Greenkeeper Revenge” aangebied en die formaat was ‘n geheime beterbal (spelers het nie geweet watter speler se telling tel op watter gat nie.) Die doel was om fondse in te samel ten einde verbeteringe aan die baan aan te bring. Die Baanopsigter se Wraak is ‘n dag wat op gholfbane oor die wêreld plaasvind. Dit is die dag waarop die baanopsigter “wraak” neem teen al die klaers oor die toestand van die baan en die penplasings. Die dag word gekenmerk deur bykans onmoontlike penplasings. Alles geskied in ‘n goeie gees. Die kompetisie is gewen deur:

1e – Kaiser Cornelius en SP Campher met 41 punte

2e – Neels Alldrich en Louis Fouche met 39 punte

3e – Eugene du Plessis en Johan Turkstra met 37 punte

*Donderdag 25 Augustus  om 18:00 hou die Gholfafdeling van die Buiteklub hulle Algemene Jaarvergadering. Alle lede is welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button