‘n Man is gisteraand (25 Augustus) na ʼn kop-aan-kop botsing op Govan Mbeki omstreeks 21:15 oorlede
ER24 en IMR ambulansdienste het op die toneel gekom waar die twee voertuie in die pad aangetref is. Daar was drie pasiënte in die een voertuig en een in die ander voertuig.

‘n Vrou was vasgevang in dieselfde voertuig as die oorlede man. Sy moes deur die Tlokwe brandweer uit die voertuig gesny word.
Beide die vrou en die bestuurder is behandel vir matige beserings waarna hulle deur ER24 en IMR na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Tlokwe verkeer het die pad gesluit terwyl die reddingsoperasie aan die gang was.
Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.



