NewsNews

Man gevang met R150 000 se gesteelde goedere

ʼn Man is Maandagoggend(29 Aug) omstreeks 01:30 in Ventersdorp in hegtenis geneem nadat polisie op hom en sy medeverdagtes afgekom het terwyl hulle glo besig was om die Exact winkel in Ventersdorp te beroof.

ʼn Man is Maandagoggend(29 Aug) omstreeks 01:30 in Ventersdorp in hegtenis geneem nadat polisie op hom en sy medeverdagtes afgekom het terwyl hulle glo besig was om die Exact winkel in Ventersdorp te beroof.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, kst. Motlhajwe en kst. Londt besig met patrollie in die middedorp toe hulle ʼn verdagte voertuig aan die agterkant van die winkel gesien het. Hulle het besluit om ondersoek in te stel. Die oomblik toe die polisiebeamptes naby aan die voertuig gekom het, het twee verdagtes uit die winkel uit gevlug. Twee ander verdagtes het uit die voertuig gespring en ook gevlug.

Een van die vier verdagtes is gevang, nadat die polisie die voertuig deursoek het, is daar verskeie elektroniese toestelle ter waarde van R150 000 gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelike gesteelde goedere. Later die oggend het die bestuurder van Russels diefstal vanuit die winkel kom aanmeld. Die gesteelde goedere is identifiseer as goedere wat by Russels gesteel was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button