NewsNews

Vrou sterf na tref en trap

'n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:11 in Govan Mbeki-rylaan dood nadat sy deur ’n voertuig raakgery is.

n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:11 in Govan Mbeki-rylaan dood nadat sy deur ’n voertuig raakgery is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die polisie uitgeroep na die toneel waar die vrou raakgery is.
Die oorledene, Maditaba Mbambane (43), wat glo van Vredefort gekom het om die Lenteskou by te woon, is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Met die polisie se aankoms was daar geen voertuig op die toneel nie. Volgens Chaka het ooggetuies ’n nommerplaat op die toneel opgetel.
Die polisie het die nommerplaat nagespoor, waarna hulle ’n 50-jarige man in hegtenis geneem het op aanklag van strafbare manslag.
Oscar Goudriaan is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy het Maandag weer in die landdroshof in Potchefstroom verskyn, waarna die saak tot 17 Oktober uitgestel is vir verdere ondersoek. Op dieselfde aand is ’n 17-jarige seun op die hoek van Govan Mbeki en James Moroka-rylaan ook deur ’n voertuig raakgery.
Volgens paramedici het hy sy been gebreek, waarna hy hospitaal toe geneem is vir behandeling. Dit was ’n besige aand vir paramedici. Baie Lentefeesgangers het na dié fees na die Trimpark gestap om verder te kuier. Meer voetgangers as gewoonlik was veral in Govan Mbeki-laan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button