
Die Herald het voorverlede week berig oor ’n tweejarige dogtertjie vir wie die gemeenskap saamgestaan het om ’n onvergeetlike verjaarsdagpartytjie te hou. Op 3 September het klein Karlien Booysen haar spesiale dag as ’n ware verjaarsdagprinsessie deurgebring. Die partytjie is by Masha’s Family Venue gehou en het al haar nuwe maatjies behoorlik besig gehou.
“Dankie aan almal wat ’n hand bygesit het, ek wil nie skoon kinders sien huistoe gaan nie,” het Hanlie Bezuidenhout, wat die partytjie gereël het,” gesê. Karlien is onder groot applous deur haar 34 nuwe maatjies verwelkom.

Die prinses van die oomblik se sprankelende glimlag en opgewonde blou ogies het vir almal gewys hoe sy die dag geniet het.

“Baie dankie aan ons borge en aan almal wat gekom het om te deel in Karlien se spesiale dag. Na ‘n suksesvolle eerste poging het ons besluit om te probeer om meer sulke funksies te hou. As iemand kan help of weet van iemand in nood, voel vry om ons te skakel by 060 888 4321 of per e-pos by mariadfn@aol.com,” het Maria Ohlson de Fine, wat gehelp het om die partytjie te reël, gesê. Bezuidenhout kan ook by 071 199 9386 geskakel word.
Alle fotos is deur Anneri van Schalkwyk, van Anni Photography geneem.


















































































































































