Aangesien Aardklop weer terugkeer na die Bult, sal sommige strate weer tydens die feestydperk toegemaak moet word.
Aardklop wil daarom nou al inligting deurgee oor watter paaie toegemaak word, waar parkeerareas is en ook wie aansoek kan doen vir toegang tot die afgesperde area.
Bult inwoners en besigheidseienaars word versoek om aansoek te doen vir voertuig akkreditasie wat hulle toegang sal gee tot die tydelike beperkte areas rondom die feesterrein.
Hierdie akkreditasie gee wel nie toegang tot die feesterrein self nie.
Op Sondag 2 Oktober om 18:00 sal Steve Bikostraat tussen Esselen- en Borcherdstrate toegemaak word, sowel as al die omliggende parkeerterreine.
Al die ander strate wat op die kaart aangedui word, sal op Maandag 3 Oktober om 18:00 toegemaak word.
Alle ongemagtigde voertuie wat dan nog op die terrein is, sal deur die verkeersdepartement weggesleep word. Inwoners en mense wat op die Bult werk, moet dus hul voertuig akkreditasie voor dié datums afhandel.
Registrasie vir akkreditasie kan gedoen word deur ’n e-pos te stuur na Engela Grobler by engelaDgrobler@gmail.com.
Akkreditasie kan dan afgehaal word by die NG Kerk op die hoek van Esselen- en Presidentstraat op die volgende datums en tye: (Onthou om ’n bewys van adres saam te neem).
Donderdag: 29 September 08:00 – 19:00
Vrydag: 30 September 08:00 – 19:00
Saterdag: 1 Oktober 09:00 – 14:00
Sondag: 2 Oktober 12:00 – 17:00
Maandag: 3 Oktober 08:00 – 20:00
Dinsdag: 4 Oktober 07:00 – 19:00
Woensdag: 5 Oktober 07:00 – 19:00
Donderdag: 6 Oktober 07:00 – 19:00
Vrydag: 7 Oktober 07:00 – 19:00
Saterdag: 8 Oktober 07:00 – 17:00
Besigheidseienaars wat aflewerings tydens die fees gaan ontvang, moet hul verskaffers vra om Engela Grobler te skakel om akkreditasie te reël, sodat die proses so glad as moontlik kan verloop. Gaste met spesiale behoeftes kan ook vir Engela by 082 477 2588 skakel vir akkreditasie om toegang te verkry tot die aangewese parkeerterreine.
Vir enige navrae kan Engela by 083 477 2588 geskakel word of ‘n e-pos gestuur word na engelaDgrobler@gmail.com.
Die nuwe Aardklop feeskantoor is in Molenstraat 69 en hul kontaknommer is (018) 175 0175



