Die huis in Eleazerstraat wat verlede jaar afgebrand het en intussen ’n hawe vir kriminele, haweloses en dwelmgebruikers geword het, is vandag uiteindelik afgebreek.
Munisipale woordvoerder Willie Maphosa het in Augustus bevestig dat die huis afgebreek gaan word.
“Ek is so opgewonde ek gaan koop sommer ‘n bottel sjampanje,” het Annemarie Lensing, ’n trustee van Urban Living wat aan die erf grens, gesê.

Lensing sukkel al ‘n geruime tyd dat daar iets aan die erf gedoen word. “Daar is glo ’n vrou hier naby verkrag. Ons het mediese afval hier gekry wat ons later verbrand het, omdat die departement van gesondheid nie wou uitkom om dit te verwyder nie. Ons sien gereeld jong kinders wat daar in en uit beweeg,” vertel sy.
Die eiendom is glo deel van ’n geskil in ‘n boedel, nadat die oorspronklike eienaar, asook die seun wat die eiendom moes erf, albei oorlede is. Die rekening vir die sloop, van die gebou sal na die eienaars gestuur word.
https://www.youtube.com/watch?v=qMlK60Tq94k&feature=youtu.be



