Die 34 windhonde wat Sondag aan die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS), oorhandig is, is vir tyd en wyl terug by hul eienaars.
PAWS het Sondag beslag gelê op dié 34 windhonde wat deur MEG Security van hul eienaars gekonfiskeer is. Die eienaars het na bewering onwettig met die honde in die Matlwang nedersetting duskant Ikageng gejag.
Andries Venter, bestuurder van PAWS het Maandag saam met natuurbewaring ‘n saak van onwettige betreding en dieremishandeling aanhangig gemaak, maar omdat die eienaars nog nie in die hof kon verskyn nie, moes die honde aan hulle terugbesorg word. Hoewel die honde redelik goed versorg is, is daar ‘n moontlikheid dat hulle weer van hul eienaars weggeneem kan word nadat die eienaars in die hof verskyn het en skuldig bevind is aan dieremishandeling.



