NewsNews

49 vas na polisie operasie

Die polisie het onlangs ’n operasie in Potchefstroom en Ikageng uitgevoer waar 49 verdagtes in hegtenis geneem is.

Die polisie het onlangs ’n operasie in Potchefstroom en Ikageng uitgevoer waar 49 verdagtes in hegtenis geneem is.
Onder die verdagtes is ’n 36-jarige man wat op aanklag van die besit van dagga in hegtenis geneem is. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisewoordvoerder, is daar bevind die dagga in die man se besit ’n waarde van R1 200 het. Die man is ook in 2013 gevang en aangekla vir dieselfde oortreding. Beslag is gelê op nagemaakte goedere ter waarde van R76 000 tydens die operasie. Onwettige drank, dwelms en wapens is ook beslag op gelê.

Kst. Mokhobo en Mbele van die taktiese reaksie-eenheid in Klerksdorp by die dagga wat gevind is. Foto: verskaf
Kst. Mokhobo en Mbele van die taktiese reaksie-eenheid in Klerksdorp by die dagga wat gevind is. Foto: verskaf

Na die operasie het ’n lid van die gemeenskap by die Herald se kantore besoek om die polisie en die nuwe provinsiale kommissaris te bedank vir hul goeie werk. Lt.-genl. Baile Motswenyane wat die operasie gelei het, het polisiebeamptes geprys vir die goeie werk wat hulle tydens die operasie gedoen het.
“Diegene wat die wet oortree sal deur hierdie soort operasies vasgevat word,” het Motswenyane gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button